GEORGE NUUS - Laerskool Blanco, wat vanjaar 175 jaar oud is, hou op Saterdag 13 Augustus 'n dans met die tema 'Toeka tot Nou' in die 4 Brothers Aartappelstoor.
Die deure open om 17:00 sodat rugbyentoesiaste die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks op die grootskerm kan geniet.
Die dans begin om 19:00 met DJ Morné.
Kaartjies kos R175 en sluit 'n hamburger en skyfies, koffie en iets vir die soettand in. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'