GEORGE NUUS - Dans in jou taal, 'n danskompetisie wat spesifiek op dansskole regoor Suid-Afrika fokus, se George-been van hul uitdunne vind Maandagaand, 15 Julie, om 19:00 by Carpe Diem-skool plaas.
Die kompetisie fokus spesifiek op dansskole regoor Suid-Afrika en episodes word weekliks opgeneem en elke Dinsdag om 19:00 op kykNET nou, kanaal 146 op DSTV, uitgesaai.
Elke streek het ’n uitdunronde waar ’n paneel van beoordelaars die wenners van ’n episode bepaal.
Die wenners dring dan deur na die eindronde wat later vanjaar voor ’n groot gehoor in Gauteng opgeneem sal word. Daar is ook elke week ’n gehoorkeuse, wat bepaal word deur SMS-stemme wat tydens die opnames getel word. Sou die gehoor ’n ander wenner as dié van die beoordelaars kies, sal die gehoor se keuse ook outomaties na die eindronde deurdring.
Kaartjies sal Maandagaand teen R80 by die deur beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'