Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daniël Williams sing daagliks sy hart uit om vir sy gesin te voorsien.
Daniël kon nie werk kry nie en het drie jaar gelede by verskeie winkelsentrums in George begin sing.
Op die oomblik gebruik hy 'n geleende kitaar wat ook al beter dae geken het. Al gaan dit nie altyd maklik nie sê hy dat hy steeds dankbaar is vir elke bietjie hulp wat hy kry.
'n Mens kan dit sien as hy uit volle bors sing: My hart sing halleluja!
Kyk 'n video hieronder.
FOTO & VIDEO: WESSEL VAN HEERDEN
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'