GEORGE NUUS - Outeniqua Dames Aktueel begin die jaar op ‘n hoë noot.
Die tema vir die jaar is 'Hoop!' en die eerste vergadering op Dinsdag 27 Februarie word dus gebou rondom 'bakens van hoop'.
Die sprekers is Wynand du Toit, wat tydens die bosoorlog in Angola gevange geneem is, en Christo Vorster, hoof van Hoërskool Outeniqua, wat oor hoop in die onderwys gaan uitbrei.
Die vergaderings word voortaan by Emmaüs gehou en die hek sluit stiptelik om 19:00.
Gaste is welkom teen R30 per aand.
Ledegeld vir die jaar beloop R200.
Vir meer inligting, kontak Magdaleen Smook by 044 873 6568 of 074 977 1986 of Louie Meyer by 044 874 6523 of 084 525 2130.
ARTIKEL: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'