GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-dwelmondersteuningsgroep, onder leiding van pastoor Aldon Meyer, het op Sondag 19 November hulle sesde verjaarsdag gevier deur 'n dankseggingsdiens.
Verskeie sprekers, waaronder voormalige dwelmverslaafdes het getuig oor hul lewens en die invloed van verslawing.
Saam met Meyer (middel) is van links Ronel Zeelie, Willem Botha, Morné en Adel Zeelie.
Ronel het vertel oor haar seun se verslawing en die invloed wat dit op hul lewens gehad het.
Botha het vertel hoe hy vasgevang was in die euwel van verslawing, maar deur genade het hy die pad gevind na verlossing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’