GEORGE NUUS - Die Tuinroete-cliviaklub hou op Vrydag 10 Augustus 'n blommeskou by George-kwekery op die ou lughawepad (R102).
Die Clivia-blomspesie wat by die grootste deel van die publiek bekend is, is die Miniata. Daar is egter vyf ander minder bekende spesies wat vroeër of later as die Miniata blom, en waarvan die blomvorm drasties verskil van die Miniata s'n.
Kwekers gebruik nou die spesies wat dan gekruis word met die Miniata, en so ontwikkel daar nou feitlik onbeperkte nuwe kleure en blomvorme wat dan ook die blomseisoen van die clivias aansienlik verleng.
Dit het tot gevolg gehad daar nou hierdie aparte blommeskou spesiaal vir die ander Cliviaspesies, asook die interspesie-plante gehou word, losstaande en vroeër as die gebruiklike Miniata-skou.
Die publiek is welkom om die plante by die skou te kom besigtig op 10 Augustus tussen 10:00 en 13:00. Daar sal ook Cliviaplante te koop aangebied word deur bekende kwekers en dis die kans om iets besonders te bekom.
Vir meer inligting besoek www.gardenroutecliviaclub.org.za of gaan kyk op die klub se Facebook-blad.
Kontakpersone: voorsitter, Carrie Kruger by 083 343 1288 of sekretaris, Rocco Kriel by 083 653 9644.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'