GEORGE NUUS - Die Tuinroete-cliviaklub kon weens die Covid-inperking die afgelope twee jaar geen skoue hou nie en is opgewonde dat die gebruiklike twee skoue weer vanjaar aangebied kan word.
Clivias is inheems aan Suid-Afrika, floreer in koelte en het min water nodig. Die meeste tuiniers is waarskynlik bekend met clivia miniata met sy oop oranje blomme (boslelie).
Baie kleure miniatas is gekweek - donker rooi, perske, pienk, geel, appelkoos, groen en gemengde kleure.
Die ander lede van die cliviafamilie (gardenii, robusta, caulescens, mirabillis, nobilis) het almal klokkie tipe blomme teenoor miniata se oop blomme wat na bo wys. Hierdie clivias blom op verskillende tye van die jaar en jy kan vir meer as 10 maande van die jaar cliviablomme in jou tuin hê.
Die verskillende spesies word die afgelope 20+ jaar kruisbestuif (interspesie) met uitstaande resultate.
Lees meer in Donderdag se George Herald, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'