GEORGE NUUS - Change for Hope bied op 28 Oktober 'n spitbraai-geldinsameling by Tramonto aan waar die ma van 'n dwelmverslaafde as gasspreker optree.
Dit begin om 17:00.
Kaartjies kos R250 vir volwassenes en R150 vir kinders tot 12 jaar.
Vandat Change for Hope in Maart vanjaar geloods is, is genoeg geld ingesamel om vyf dwelmverslaafdes te borg om in 'n rehabilitasiesentrum te bly vir 12 maande.
Die organisasie is gestig om mense op straat wat aan dwelms of drank verslaaf is, te help om weer by die samelewing in te skakel.
Die gasspreker, wie se seun deur Change for Hope gehelp is, gaan vertel van die pad wat sy vir 17 jaar met haar seun moesstap terwyl hy aan heroïen verslaaf was.
"Mense wat nie die funksie kan bywoon nie, kan moontlik ‘n kaartjie borg vir iemand wat dalk nodig het om die boodskap tehoor. Ons gaan ook terugvoering gee oor die vordering van die mense wat ons in die rehabilitasiesentrum het," sê Freddy Trout, stigter van Change for Hope.
Die kunstenaar Anthony Noble sal ook by die spitbraai optree deur 'n skildery te verf terwyl hy 'n inspirerende praatjie lewer.
Die skildery sal opgeveil word. Aantreklike pryse is op die spel.
ARTIKEL: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'