Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die jong man (18) wat Sondag in die vroeë oggendure by Buddy's Liquor Store in Nelson Mandela-boulevard ingebreek het, het sy rieme styfgeloop toe lede van verskeie buurtwagte die gebou omsingel het.
Conville-buurtwag, saam met buurtwagte van omliggende areas, was ten tyde van die voorval besig met 'n grootskaalse patrollie om bendegeweld hok te slaan.
Volgens Rudy Lewis, voorsitter van Conville-buurtwag, kon hulle onmiddellik inspring en help toe nuus van die inbraak kort voor 01:00 Sondagoggend rugbaar word.
Buurtwagte van Rosemoor, Parkdene, Proteapark, Le Vallia, Maraiskamp en Thembalethu, plaaslike polisiebeamptes, lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sowel as verteenwoordigers van die sekerheidsmaatskappye Fidelity en ADT het aan die patrollie deelgeneem.
"Ons het die plek omsingel en die eienaar en die polisie gebel. Toe die eienaar oopsluit is 'n verdagte in die gebou aangekeer," het Lewis gesê.
Kol. Abel Kriga, stasiebevelvoerder van Conville-polisie, sê die man het deur die dak ingebreek.
Buurtwagte van Rosemoor, Parkdene, Lavalia, Maraiskamp en Thembalethu, plaaslike polisiebeamptes, lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sowel as verteenwoordigers van die sekerheidsmaatskappye Fidelity en ADT het aan die patrollie deelgeneem.
Kyk 'n video hieronder:
Onder die vergrootglas
Volgens Lewis kan buurtwagte nie stilsit en toekyk hoe bendegeweld oorneem nie. "Dit gaan oor die geweld van jong bendes wat in ons areas toeneem. Vat hande met buurtwagte, want dis die way forward om misdaad effektief te voorkom en bekamp. So kan ons ons gemeenskappe beveilig en terugvat. Alle onwettige aktiwiteite in ons areas is nou onder die vergrootglas."
Hy bedank die besighede in Nelson Mandela-boulevard wat gesorg het dat almal wat aan die patrollie deelgeneem het iets kon eet en drink.
Buurtwagte vat hande: Van links is Ivan Speelman (Proteapark), Mongi Louw (Rosemoor), Jacky Lottering (GPF-Conville), Anthony Ayford (Borcherds), Rudy Lewis (Conville) en Johannes Greeff (Conville). Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'