GEORGE NUUS - Verskeie onwettige wapens, waaronder pangas, kapmesse, hokkiestokke, gholfstokke, messe en skêre is onlangs deur lede van die Protea Park Rosemoor Estates Residents Association (Prera)-buurtwag gekonfiskeer.
Op Saterdag 23 November het hulle dit hul missie gemaak om gevaarlike wapens uit hul area, Rosemoor en Proteapark te verwyder en sodoende geweld en misdaad te bekamp.
"Namens die buurtwag wil ek net baie dankie sê vir konstabel Esau wat ons bygestaan het met die afneem van die wapens," sê 'n lid van die buurtwag, Hendrik Ingo.
Die wapens wat gekonfiskeer is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'