Die bedankingsfunksie is in die raad se funksiesaal gehou. George Herald was die mediaborg van die geslaagde gala-aand wat R176 000 vir die burgemeestersfonds ingesamel het.
Die fonds word aangewend om hulpbehoewendes en talentvolle individue te onderteun.
Vanjaar se hoofborge was ABSA Besigheidsbank, Civil 2000, Laritza, Bytes Systems Integration en Zabra Surfacing.
Burgemeester Standers het Donderdagaand, tot groot vreugde van die gaste, ook aangekondig dat George as die mees ekologies vriendelike stad in die land aangewys is.
Die reëlingskomiteelede en hoofborge saam met burgemeester Standers is van links Jonique Claassen-Tarentaal, Esther Watson, Niel Meyer (ABSA Besigheidsbank), Ansie Swart, Jannie du Toit (Civil 2000), Teresa Barnard, Ronel le Fleur, Mayleen Robbertson en Hester Aspeling. Borge wat afwesig is: Laritza, Bytes Systems Integration, Zabra Surfacing.
Van links is rdl. Leon Nel, rdl. Johan Stander, speaker Mercia Draghoender, burgemeester Standers en Harold Basson (direkteur siviele dienste). Basson se departement het die meeste kaarjies vir die gala verkoop terwyl Draghoender as raadslid die meeste kaarjties ten bate van die fonds verkoop het.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'