Update
GEORGE NUUS - Die verdedigende kampioen van Driver of the Year, Solly Gysman, gaan weer vanjaar sy titel verdedig.
Die kompetisie wat deel is van Vervoer maand kyk na verskeie aspekte van swaar voertuig bestuurders.
Donovan Saptoe, George verkeershoof, sê die kompetisie is ook daar om te kyk na bestuurders se bestuurs vernuf, hoe veilig hulle op die pad is en ook om weer die reêls van K53 toe te pas.
'n Toetsbeampte sê die deelnemer met die minste punte gaan vandag as wenner wegstap.
Hy sê die parkeer area van Eden Meander waar die funksie gehou word, dien as toetsbaan vandag.
Vanjaar is dit die 40ste jaar van die kompetisie en daar is meer as 'n 100 deelnemers.
Lees 'n verwante artikel: Drivers gear up to showcase skills
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'