GEORGE NUUS - Mense het hul harte en beursies oopgemaak vir die brandslagoffers van Rosedale.
Skenkings het die afgelope paar dae van oral ingestroom - kerke, besighede en individue het nie geskroom om te gee nie.
Virgil Gericke, ‘n gemeenskapsleier, sê hulle wil graag almal bedank wat so vrygewig was. “Ons gaan nou alles mooi tussen al die huisgesinne verdeel. Die mense het warm kos gekry, toiletware, komberse en klere.”
Hy meen dit is ‘n goeie begin vir die mense om stadig weer hul lewens te herbou.
Dertien mense is die week dakloos gelaat na hul huise in die informele nedersetting afgebrand het. Hulle slaap tans in die gemeenskapsentrum.
Volgens een van die slagoffers weet hulle die brand het in een van die huise begin, maar nog nie wat die brand veroorsaak het nie.
'n Groep van die slagoffers saam met van die skenkers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'