GEORGE NUUS - In 'n gesamentlike poging op Sondag 1 Maart, het lede van Firstcare Wildfire Support (FWS) en George-brandweer, binne drie en 'n half ure klaargespeel met 'n veldbrand in Hoekwil.
"'n Lid van die Wilderness Heights Fire Forum (WHFF) het ons laat weet van rook in die Hoekwil-omgewing. Ek het George-brandweer in kennis gestel en ons eie bemanning uitgestuur om ondersoek in te stel.
Met sy aankoms het een van ons lede, Dane Izatt, gevra vir nog bemanning en voertuie. Die brand was in 'n veld langs huise en het in die rigting van 'n beboste kloof beweeg," vertel FWS se operasionele direkteur, Christo Theron.
FWS het toe nog twee brandbestrydingsvoertuie en een ondersteuningsvoertuig met sewe personeellede ontplooi.
Met George-brandweer wat die vuur van die weste beveg het, en FWS van die suide vinnig onder beheer gebring.
Firstcare Wildfire Support op die toneel om die veldbrand te blus.
"Danksy die fantastiese samewerking tussen ons en die brandweer kon die brand gestop word voor dit die beboste area bereik het," sê Theron.
Die betrokke partye het ook hul opregte dank en waardering teenoor die WHFF se logistieke-span en die gemeenskap uitgespreek. "Hierdie tipe samewerking en bystand maak ons werk soveel makliker en effektief," sê Theron.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'