GEORGE NUUS - Brandweermanne is besig op 'n toneel in Jakaranda-en Cycadstraat in Pacaltsdorp waar 'n brand vanmiddag uitgebreek het. Die strate is langs mekaar gelee.
Voorlopige inligting dui daarop dat die brand moontlik by 'n informele houtstruktuur in Jakaranstraat begin het.
Dit het toe na die huis, wat reg agter dit gelee is, in Cycadstraat versprei.
Verkeer en die polisie is ook op die toneel. Die oorsaak van die brand is onbekend en niemand is beseer nie.
Verkeer en die polisie is ook op die toneel. Foto: Lizette da Silva
Die brand het vermoedlik by 'n informele houtstruktuur begin. Foto verskaf.
Die oorsaak van die brand is onbekend en niemand is beseer nie.
Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'