TUINROETE | KAROO NUUS - 'n Polisie vangwa van Knysna en 'n ligte vragmotor was vanoggend, 23 Augustus, in 'n botsing op die pad tussen George en Oudtshoorn, naby die haarnaalddraai, betrokke.
Twee polisiebeamptes in per ambulans na die hospitaal geneem.
Volgens die bestuurder van die vragmotor het hulle beide van George se rigting gery.
"Die bestuurder van die vangwa het verby gery en my aan my kant van die vragmotor getref." Hy het beheer verloor en van die pad af gery en die vangwa is in die rotsmuur vas. Die pad is oop vir verkeer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’