GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging nadat 40 springbokke op ‘n boer se plaas doodgeskiet is.
‘n Polisiewoordvoerder, sersant Chantel Marais sê die eienaar van die plaas, naby die Jonkersbergpad, het gisteraand die polisie gekontak toe hy op sy dooie bokke afkom.
Marais sê daar is 62 springbokke in ‘n kamp waarvan 40 doodgeskiet is. Sy sê niks is gesteel nie en met die polisie se besoek het die dooie bokke steeds in die kamp gelê.
Volgens Marais het die voorval vermoedelik tussen Woensdag en gister gebeur.
Die polisie sal vandag met 'n metaalverklikker soek na moontlike patroondoppies en projektiel.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
Lees die nuutste: Opvolg: Springbokke doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'