Video
GEORGE NUUS - Die alleenloper-bobbejaanmannetjie, Frik, het Sondagmiddag, 30 Augustus in Steenbokstraat, Denneoord, by Lorraine de Bruyn se huis kom kuier, en haar Yorkshire-terriër, Pippie, het beslis sy teenwoordigheid opgemerk!
“Hy is die uitgeskopte mannetjie. Ek kry hom so jammer,” vertel De Bruyn. “Ek weet nie of hy dapper is, of bloot nie bang is nie, maar hy wou nie wyk nie!”
Volgens Lorraine het Frik homself nou in die woonbuurt begin tuismaak en daar kom kos soek.
Dit was reeds die tweede keer dat hy na haar huis teruggekeer het.
Kyk 'n verwante video hier: Living on the fringe: Understanding George’s Chacma Baboons
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’