Gallery
GEORGE NUUS - Laerskool Blanco het vanjaar 41 gr. 1's verwelkom teenoor verlede jaar se 28. Onderwysers en leerders was slaggereed en opgewonde oor die 2022 akademiese jaar.
"Dit is vir ons by Laerskool Blanco 'n voorreg om almal by ons skool te verwelkom. Baie dankie dat julle gekies het om deel van ons familie te word.
Ek is seker dat julle baie opgewonde is oor die eerste dag by die grootskool en dat daar ook van julle is wat dalk bietjie onseker is, dit sal vining iets van die verlede wees. Ek is seker julle gaan sommer vining tuis voel by ons en baie lief word vir hierdie skool - net soos ons vir julle ook lief sal word.
Fotogalery: Laerskool Blanco verwelkom Graad 1's
Hier by Blanco wil ons graag help om jou drome vlerke te gee terwyl ons jou voete stewig geplant hou," het die waarnemende skoolhoof, Estée Terblanche, gesê.
William de Witt (heel regs) se gesin het hom Woensdagoggend afgesien by Laerskool Blanco. Van links is pa, Willie, kleinboet Logan en ma, Alicia.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'