GEORGE NUUS - Vier meisies van Laerskool Blanco het besluit om ‘n verskil in diere se lewens te maak. Só is die Savannah-diereklub gestig.
Bella Kayser, Kiani Louw, Mia Scheepers en Ingrid Harmse beoog om die kos en komberse wat hulle ontvang, aan die Tuinroete-DBV en Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) te skenk.
Volgens 'n inskrywing op die skool se Facebook-blad, is die hele skool baie opgewonde en almal ondersteun die projek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'