GEORGE NUUS - Blanco NG gemeente se gewilde jaarlikse Vleisfees by die 4 Brothers-aartappelstoor, gaan hierdie jaar plaasvind op Saterdag 30 Oktober.
Soos laasjaar sal streng Covid-protokol gevolg word.
Die vleisfees het oor die jare 'n gewilde geleentheid geword waar 'n verskeidenheid vars vleis te koop is.
Die gemeente se beroemde Basaarwors sal ook te koop wees.
Johan van Greunen, voorsitter van die gemeenteraad, sê die donasies het bietjie minder geraak weens die Covid-inperkings. "Ons het bietjie minder diere as in die verlede omdat van die plase wat voorheen geskenk het, toegemaak het."
Hy het 'n beroep gedoen op mense vir vleisdonasies. Kontantdonasies is ook welkom, want die gemeente kan self diere aankoop wat hulle sal verwerk.
Die tafels gaan weer gepak wees tydens die vleisfees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'