Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ds. Francois Mulder, 'n leraar van die NG gemeente van Blanco, is opgewonde oor 'n nuwe generasie kerkuile wat onlangs in 'n uileboks in 'n boom op die kerkterrein uitgebroei is.
Mulder het lesers verlede jaar gereeld met fassinerende foto's en video's op hoogte gehou van die vordering van die "eerste generasie" van ses nonnetjie-uile wat in die kerktoring uitgebroei is tot op die dag dat die laaste een die nes verlaat het.
Uit hierdie eerste broeisel het vier uile oorleef. Die Tuinroete-rehabilitasiesentrum vir roofvoëls (Garden Route Birds of Prey Rehab Centre) het die uileboks verlede jaar in 'n boom opgesit vir die Churchowl-gesin, soos die gemeente hulle gedoop het.
Kyk 'n video hieronder:
Daar is nou weer vier nuwelinge van dieselfde broeipaar wat Mulder op Dinsdag 20 April vir die eerste keer afgeneem het.
"Hulle raas te lekker in die aande. Belangstellendes kan kom luister, maar moenie skrik nie. Die geluide klink vir my na noodkrete, maar dis maar hulle manier van gesels."
Mulder het voorstelle vir name vir die nuwelinge gevra. Bel hom by 082 676 4275.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'