GEORGE NUUS - Die Icosa-party vra voorbidding vir hul leier, Jeffrey Donson, wat gister vanaf Ladismith na George-hospitaal oorgeplaas is weens Covid-19.
Volgens die party se woordvoerder, Dawid Kamfer, is hul president tans in intensiewe sorg (ISE).
Kamfer het bevestig dat Donson tans in ‘n stabiele toestand verkeer, maar vra dat almal in hierdie tyd vir Donson se familie in hul gebede hou.
“Icosa se president, Jeffrey Donson, is positief getoets vir Covid-19. Daar word ‘n beroep gedoen aan almal wat met hom in aanraking gekom het, om hulle te laat toets vir veiligheid,” het Kamfer gesê.
“Dankie vir die gebede en boodskappe van mense, kerkleiers en leiers vanoor die land.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'