GEORGE NUUS - Jy sou Dinsdagaand, 7 September, ver moes gaan soek om trotser oumas as Elsa Buitendag en Mana le Roux te kry. Hulle is die oumas van Bianca Buitendag, silwermedaljewenner by die onlangse Olimpiese Spele in Japan. Beide die oumas is inwoners van Groenkloof-aftreeoord.
Bianca het Dinsdagaand die amptelike opening van die Groenkloof Wellness and Aquatic Centre waargeneem.
Die geleentheid is ook deur onder meer George-burgemeester, Leon van Wyk bygewoon. Quinten Potgieter, medebestuurder van die sentrum, het gesê die geriewe is oop vir inwoners en ook die publiek wat oor die ouderdom van 50 jaar is.
Volgens Danielle Pike, medebestuurder, is daar op die oomblik 120 lede. Onder die geriewe is 'n verhitte swembad en moderne oefenapparaat.
Bianca Buitendag knip die lint as simbool van die amptelike opening van die sentrum. By haar is haar oumas, Elsa Buitendag en Mana le Roux.
Quinten Potgieter (links), medebestuurder van die Groenkloof Wellness and Aquatic Centre, Mana le Roux, Bianca Buitendag, Elsa Buitenag en Danielle Pike, medebestuurder van die sentrum.
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'