GEORGE NUUS - 'n Beweerde inbreker is vanmiddag dood in 'n huis in Plantasiestraat, Pacaltsdorp, ná 'n bakleiery met die huiseienaar.
Volgens Pacaltsdorp-polisie se kommunikasiebeampte, sersant Shadelle Fisher, het eienaar die oorledene vanmiddag in sy huis betrap waarna die oorledene die eienaar na bewering met 'n hamer probeer aanval het.
'n Struweling het ontstaan en die eienaar het die oorledene na bewering verwurg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'