GEORGE NUUS - 'n Klein groepie mense het vanoggend die reënweer trotseer en in Eenheidspark bymekaargekom in teenstand van die borgtogaansoek van 'n beweerde dwelmhandelaar.
Jude Anthony Onah, van Nigerië, was verlede Donderdag vir die besit van na bewering R5 miljoen se tik in hegtenis geneem.
Hy verskyn later vandag in die George-landdroshof vir sy borgtogaansoek.
Onah is buite George afgetrek waarna die Outeniqua K-9 honde-eenheid die dwelms onder die enjinkap in sy silver Ford Ranger-bakkie gevind het.
Die groep mense in Eenheidspark.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'