Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Gedeelte van die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust is gesluit as gevolg van 'n betoging.
Mense wat die verkeersbeheerpunte beman, eis dat uitstaande geld aan hulle betaal word.
Die pad was kort gelede oopgemaak, maar is weer toe.
Verkeersbeamptes is op die pad ontplooi om verkeer met 'n ompad te reguleer.
Daar heers tans verwarring aangesien sommige werkers by beheerpunte weier om te werk en dit dus kan gebeur dat motors van teenoorgestelde rigtings kan deurry.
Motoriste word gemaan om uiters versigtig te wees.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Hessequa, Karoo nuus'