Gallery
GEORGE NUUS - Danksy die optrede van inwoners wat gereeld teen die hange van die Outeniqua-berge hardloop, is die kruis teen die berg weer saans verlig.
Dit is veral die inisiatief van twee ywerige veldhardlopers, Jacques Mouton en Francois Smit, wat die daad by die woord gevoeg het.
Hulle en ander wat gereeld by die kruis verby hardloop wou graag die kruis weer verlig sien.
Dit het 'n lang aanloop. Die kruis is jare gelede daar aangebring en die ligte is oor die jare met behulp van 'n elektriese krag kabel aan die gang gehou.
Dit het egter vermoedelik later deurgeloop onder vandalisme en die ligte het nie meer geskyn nie.
Mouton het vertel dat toe hy 25 jaar gelede in George aangekom het, het die ikoniese landmerk teen die berg hom altyd opgeval.
Die verligte kruis teen die Outeniqua-berg buite George. Foto: Zane Schmahl
Ondersoek is ingestel en daar is besluit om nuwe tegnologie, sonkrag-ligte in te span. In die dag laai die batterye en saans skakel sensors dit aan.
Die projek is in fases aangepak omdat dit selfbefonds is en aanvanlik is net een lig aangebring. "Ons was baie verbaas dat mense die enkele lig op die kruis weer begin raaksien het."
Metteryd is nog ses ligte aangebring en op Saterdag 6 Junie is die laaste 12 ligte in plek gestel. Hulle was baie verbaas oor die reaksie van die Georgeiete. "Dit lyk asof dit 'n simbool van hoop in die huidige uitdagende tye van kovid-19 is," het Mouton gesê.
Fotogalery: Kruis skyn helder op die Outeniquaberge
"In die tye van inperking is mense in hul huise vasgekluister en hulle sien die verligte kruis. Dit beteken iets."
Die verligte kruis teen die Outeniquaberg buite George. Foto's: Zane Schmahl
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'