TUINROETE | KAROO NUUS - Bingo, ‘n skaaphond, het gister tussen Oudtshoorn en die Langkloof vermis geraak. Volgens Yolandé Maré is Bingo eintlik haar man se hond.
“Ons boer tussen Uniondale en George in die Langkloof. Bingo boer elke dag saam met my man, Paul. Gister is Bingo saam met my man Oudtshoorn toe om saad te gaan koop en hy het vinnig by Q Bolt gestop. Bingo is saam met hom in Q Bolt in en het weer op die bakkie gespring toe hulle gery het. Ons het na die tyd op die sekerheidskameras by Q Bolt gekyk en Bingo het saam met hom uitgekom en weer op die bakkie gespring. Ons is dus nie seker presies waar hy afgeval of afgespring het nie.
"Hy kan enige plek tussen Oudtshoorn en die vurk na George of Uniondale wees. As hy okay is sal hy seker sy weg huis toe ook probeer vind.”
Volgens haar het hulle al verskeie kere sedert gister van die Langkloof af terug Oudtshoorn toe gery om die hond te soek, maar sonder enige sukses.
“Ons was ook op die Heimersrivier-grondpad, maar kon hom glad nie kry nie.”
Maré sê hulle loof ook ‘n belonging uit vir enigiemand wat moontlik die hond gevind het en positiewe inligting het oor waar Bingo kan wees.
Enigiemand met inligting kan haar by 083 743 8066 of haar man, Paul, by 083 310 0616 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'