Update
GEORGE NUUS - Familie, vriende en tientalle nuuskierige inwoners het vanoggend saamgedrom kort na die eienaar van Boeta’s Corner in Nelson Mandela-boulevard in Borcherds, Theodore Roman (51), by dié drankwinkel doodgeskiet is.
Roman was vir jare lank ‘n bekende sakeman in dié area.
Kort na Roman die drankwinkel se deure oopgesluit het, het twee mans na bewering die winkel binnegegaan.
Roman is drie keer in sy bors geskiet en is op die toneel dood verklaar.
‘n Besigheidsroof wat skeefgeloop het blyk die motief te wees.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is een verdagte reeds aangekeer. Hy verskyn eerskomende Woensdag, 24 Januarie, in die George-landdroshof op 'n klag van moord.
Die ander verdagte het te voet gevlug en daar word nog na hom gesoek.
‘n Identikit sal binnekort vrygestel word.
‘n Saak van moord word ondersoek.
Polisie en forensiese deskundiges op die moordtoneel.
Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar word.
Lees 'n vorige artikel: Man in drankwinkel doodgeskiet
ARTIKEL & FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’