GEORGE NUUS - 'n Gedenkdiens word môremiddag, 3 Oktober, om 15:00 in die NG Moedergemeente vir Kallie Haupt gehou.
Hy was 'n baie bekende inwoner wat onder meer betrokke was by die NG Moedergemeente George.
Die 85-jarige Haupt het ook diep spore in Suid-Afrikaanse rolbal getrap en het vir jare op SA Rolbal se bestuur gedien. Haupt het onder meer twee termyne as voorsitter van SA Rolbal gedien.
Hy is verlede Donderdag, 28 September, in 'n hospitaal in Mosselbaai oorlede. Hy is vroeër in die hospitaal opgeneem vir behandeling vir sy hart. Komplikasies het toe ongelukkig ingetree.
Hy word oorleef deur sy eggenoot, Obie, drie kinders en agt kleinkinders.
Gerhard Haupt, sy oudste seun het Maandag 2 Oktober gesê mense is welkom om die gedenkdiens by te woon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’