GEORGE NUUS - Bejaardes van Golden Valley in Blanco is weer op Sondag 17 Desember, soos elke jaar sedert 2003, met ‘n lekker ete bederf.
"Ek en my ma, Sabiena van Tonder, het saam die etes in 2003 begin," vertel Jenny Mattys, 'n gemeenskapslid en die huidige organiseerder van die etes.
"Ná sy in 2012 oorlede is, het ek daarmee voortgegaan. Almal in die gemeenskap was baie lief vir my mammie. Hulle het haar ook 'Mammie' genoem omdat sy so diep in almal se harte gekruip het.
"Haar huis het altyd vir almal oopgestaan en sy het niemand weggewys nie."
Mattys en haar ma het destyds begin om vir die kinders sop uit te deel voor hulle na die bejaardes begin omsien het.
Sy bied elke jaar die ete gratis aan en betaal uit haar eie sak vir al die bestanddele. Hulle het ook tyd afgestaan om die bejaardes wat nie meer hier is nie, te onthou.
'n Tydjie is ook afgestaan om dié wat nie meer hier is nie, te onthou.
Die bejaardes wat vanjaar se geleentheid bygewoon het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’