Video
GEORGE NUUS - ’n Klein protesgroep het vanoggend by die kantore van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) in Courtenaystraat byeengekom om te eis vir ’n groter maandelikse pensioen vir bejaardes.
Linda Smit, voorsitter van Team Strong Women en een van die protesgangers, het gesê hulle vra dat die pensioen van die huidige R2 400 verhoog word na R5 000.
Joanie Visagie-Jantjies, ’n gemeenskapsaktivis, het gesê van die Sassa-toelae aan jongmense kan eerder geskrap word.
Sy het gesê die jongmense wat die R370 spesiale Covid-19-toelaag vir maatskaplike verligting (SRD-toelaag) kry, “maak die kinders lui”. “Gee eerder vir hulle werk.”
Sy het ook gesê die kot-toelaag (kinderversorgingstoelaag) vir skoolmeisies met babas moet ook weggeneem word. “Hulle kry met opset kinders omdat hulle sakgeld wil hê en dan moet die oupas en oumas na die kleintjies kyk want die meisies sit op skool.”
’n Memorandum met eise is aan ’n amptenaar van Sassa oorhandig. George Herald reik uit na agentskap en sal kommentaar op ’n latere stadium publiseer.
VIDEO: Bejaardes eis R5 000 Sassa-pensioen
'n Boodskap aan die President.
Dié groep betogers voel dat die jong mense eerder werk moet kry. Foto's: Alida de Beer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’