Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die oorsaak van 'n brand wat vanoggend, Vrydag 5 Julie, by die Rosemoor-dienssentrum uitgebreek het, is in hierdie stadium nog onbekend.
Twee wooneenhede het groot skade gely en een van die inwoners, Kitty Claassen (76), het al haar besittings verloor.
Die sentrum se bestuur vra dat enigiemand wat huishoudelike items, klere of kos kan afstaan, om dit by die sentrum af te gee.
FOTO'S - Brand by Rosemoor Dienssentrum
Enigiemand wat donasies wil lewer kan die volgende nommers skakel:
John Jacobs: 078 483 1811
Connie Pedro: 060 6017 112.
VIDEO - Fire at Rosemoor Service Centre in George leaves elderly destitute:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’