TUINROETE NUUS - Die polisie op Mosselbaai het bevestig dat ‘n man, vermoedelik in sy 70’s, vanoggend op Dinsdag, 23 November by die laagwaterbrug op die Geelbeksvleipad naby Brandwag verdrink het.
Die voorval het gebeur nadat die bestuurder van die dubbelkajuitbakkie oor die laagwaterbrug probeer ry het.
Da Gamaskop-polisie se kommunikasiebeampte, kapt Wollie Fourie sê die voorval het om ongeveer 09:00 gebeur.
Koördineerder van landelike beveiliging vir die Da Gamaskop-polisiestasie, ao Pierre Botha het hom na die toneel gehaas. Botha het die voertuig in die water gesien en daarheen geswem.
LEES MEER: Vloedwater verswelg voertuig
Fourie sê: “Hy het die ruit van die bakkie gebreek en die bestuurder uitgehaal. Die man was reeds oorlede.”
Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend nie.
Die polisie het ‘n dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'