Video
GEORGE NUUS & VIDEO - 'n Groep begrafnisgangers wat van George na Oudtshoorn onderweg was, moes inderhaas uit die bus kom toe dit vanoggend op die Outeniquapas aan die brand geslaan het.
Volgens een van die mense op die bus het die bestuurder besef iets is verkeerd toe hy rook agter die bus opgemerk het. Hy het die bus tot stilstand gebring en die groep volwassenes en kinders na veiligheid langs die pad geneem.
Die bus was binne minute in vlamme gehul.
Die brandweer en ander nooddienste was gou op die toneel, maar kon nie die brand blus voordat die bus verwoes is nie.
Die bus het op die afdraand aan die loop gegaan terwyl die vlamme geblus is, maar het gelukkig slegs tien meter verder teen n veiligheidsreling gebots en tot stlstand gekom.
Die voorval het omstreeks 09:00 gebeur en die pad was meer as 'n uur gesluit. Metro-reddingsdienste en George-brandweer was op die toneel.
Niemand is beseer nie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo nuus'