Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Verskeie nooddienste was vanaand, Saterdag, 21 Februarie op die toneel nadat 'n bakkie op die Hamelkop-pad duskant Klein-Brakrivier gerol het.
Nooddienspersoneel moes van gespesialiseerde meganiese toerusting gebruik maak om die insittendes uit die wrak te sny.
Volgens die Groot-Brakrivier-polisie is die slagoffers na ’n plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Geen ander voertuie was by die voorval betrokke nie. Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.
VIDEO: Nooddienste werk op ongelukstoneel by Hamelkop-pad
Video: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’