GEORGE NUUS - Die jaarlikse pretstap/draf van Groenkloof Wellness and Aquatic Centre op Saterdag 16 Maart het 'n goeie opkoms van deelnemers gelok met die volledige Arende-rugbyspan en hulle afrigter, Zane Kirschner, wat kom deel het in 'n wonderlike dag.
Die stap was oop vir enigeen en veral vir mense wat met staphulpmiddels of rolstoele oor die weg moet kom en die rugbyspelers het oral gehelp waar hulle kon deur saam met deelnemers te stap om hulle te ondersteun of rolstoele te stoot.
"Ons is baie beïndruk met die spelers. Dit was 'n pragtige gebaar om op so 'n manier uit te reik. Ons sê ook dankie vir die hoofborg van die geleentheid, Terayne Electrical," sê Erica Gruber, mede-eienaar van Nostalgie Café wat ook oop was vir die dag.
Die dag is afgesluit met 'n braai en gesellige kuier in en rondom Nostalgie.
Cecilia en Louis van Wyk het die gesellige staptog terdeë geniet.
Billy Shacklock en Adrian Job het die stap saam aangepak.
Zinedine Booysen het Beverly Cremer tydens die stap ondersteun.
Twee rolstoelryers, Heinrich Langeveld (links) en Olwethu Yamapi, saam met van die Arende. Zinedine Booysen sit links voor. Agter: JP Duvenage, Dian Basson, Heinrich Roelfse, Cole Haggard, Marlo Weich, Damian Royle en Sbusiso Lali.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’