Volgens Pienaar was daar rassistiese kommentaar vanuit alle politieke groepe. "Die gevaar van sosiale media is dat mense nie altyd besef wat hulle sê nie, hulle sê goed wat hulle nie altyd vir iemand in hul gesig sal sê nie."
Tydens die laaste raadsvergadering verlede jaar op 10 Desember het alle raadslede 'n dringende mosie aanvaar, sonder stemming, om hul misnoeë te kenne te gee teenoor die rassistiese uitlatings op die Facebook-blad na die afloop van die Liggiesfees.