Breaking News
TUINROETE NUUSFLITS - Agt mense is vanmiddag (1 Oktober) gehospitaliseer nadat 'n voertuig net buite Oudtshoorn gerol het.
Daar was agt insittendes in die motor: Twee mans, drie vrouens en drie kinders.
Ses insittendes is lig beseer en na 'n hospitaal op Oudtshoorn geneem.
Twee insittendes is ernstig beseer.
Een is per helikopter na 'n hospitaal in George gehaas, terwyl die ander een, 'n swanger vrou, deur ER24-paramedici ook na George vervoer is.
Sover vasgestel kan word was die motor na George onderweg toe die botsing plaasgevind het.
Die omstandighede van die botsing is nog nie bekend nie.
Die ongeluk het op dieselfde plek plaasgevind waar 'n man en vrou se motor verlede week die rotswand getref en ook omgeslaan het.
Dit blyk dat die bestuurder ook soos met verlede week se ongeluk, van die pad af gery het en die rotswand getref het.
Geen ander voertuie was betrokke nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Die pad is oop vir verkeer.
Die ongelukstoneel, net buite Oudtshoorn.
Twee insittendes is ernstig beseer.
Een insittende van n motor wat sowat 7km buite Oudtshoorn omgeslaan het is met hoofbeserings per helikopter na George gevlieg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo nuus'