GEORGE NUUS - Die herfsreeks van die gewilde middaguurkonserte wat jaarliks in George Moederkerk gehou word, het verlede week afgeskop met 'n konsert deur dr. Gerrit Jordaan en Dalene Brits.
Die twee het, nadat die kunstenaar van die dag weens 'n besering nie kon optree nie, op slegs 'n paar uur kennisgewing 'n prag-konsert gelewer.
George se musiekpubliek weet nou dat ons met groot musiekgeeste in ons midde geseën is.
Die volgende konsert vind op Woensdag 21 April om 13:10 plaas. Die kunstenaar is Gerrit Jordaan, bekende orrelis van die Moederkerk. Hy lewer 'n solo-orrelkonsert bestaande uit onder meer die Passacaglia in C min. van JS Bach, en Ses Kanoniese Studies op. 56 van R Schumann.
Die konsert duur minder as 'n uur, toegang is gratis, donasies is welkom en Covid-19-regulasies word toegepas.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'