GEORGE NUUS - Een persoon is gehospitaliseer ná twee motorongelukke op die Outeniquapas vanoggend, Donderdag 27 Februarie.
Die pasiënt, ‘n vrou met ligte beserings, is deur ER24-paramedici na die hospitaal vervoer na sy glo haar motor naby Waboomskraal gerol het.
Vroeër vanoggend het nog ‘n persoon beheer oor sy voertuig verloor toe hy om ‘n draai in die pas gegaan het. Sy motor het gelukkig teen die muur tot stilstand gekom en hy het geen beserings opgedoen nie.
Motoriste word gemaan om by die spoedgrens te bly en ten alle tye hulle volgafstand op die Outeniquapas te hou. Verál in nat weerstoestande.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'