OPDATERING: George Herald neem kennis van die publiek se kritiek rondom die polisie se hantering van die vermiste tienermeisie. Na gesprekke met die polisie blyk dit dat hulle alles in hul vermoë doen om haar op te spoor. Alle adresse wat deur die publiek verskaf is, is opgevolg, maar sonder sukses. Intussen gaan die soektog voort. Verskeie plakkate is vandag deur die polisie en die meisie se ma versprei en adresse en leidrade word soos verskaf ook opgevolg.
GEORGE NUUS - 'n Vyftienjarige meisie van George, Mikyla Bezuidenhout, word sedert Vrydag 14 Maart vermis.
Haar ma, Marina Fourie, sê sy het haar laas om 19:00 op die 14de by hulle huis in PW Botha Boulevard, Borchards, gesien.
"Ek was onder die indruk sy is op pad na haar oupa toe wat langs ons woon, maar sy het nooit teruggekom nie. Die SAPD werk aan die saak, maar daar was nog geen spoor van haar nie," sê sy.
Mikyla het 'n wit hemp met 'n blou hart voorop versier, 'n donkerblou noupypdenim, en swart-en-wit tekkies aangehad.
Sy het lang, donkerbruin hare wat los was toe sy laas gesien is.
Enigeen met inligting, kan adj. Borg van die Kinderbeskermingseenheid bel by 044 803 3342 of vir Fourie by 084 319 6309.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’