GEORGE NUUS - Die plaaslike sakeman Liman Ali is baie opgewonde om op 1 November vir die eerste keer in Suid-Afrika tydens 'n verkiesing te stem.
Ali is oorspronklik van Somalië, maar woon al 18 jaar lank in die land. Hy het hom sedert 2005 in George gevestig en is die voorsitter van 'n komitee wat gemoeid is met die belang van buitelandse sakelui, by name "Southern Cape Foreign Business Concern".
"Ek het jare lank vir my burgerskap gewag, en het dit uiteindelik twee jaar gelede gekry," het Ali gesê. "Ek is so opgewonde."
Alhoewel Ali oor die jare teenoor 'n sekere politieke party simpatiek gesind was, gaan sy stem vanjaar elders ondersteuning verleen. Hy hou dit egter nog geheim.
"Besighede kry swaar," het hy gesê. "En vir die volgende verkiesing het ek groot planne - ek wil burgemeester wees!"
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'