GEORGE NEWS - Ryco TV se Women on the Couch-geleentheid op Saterdag 10 Augustus was 'n spesiale geleentheid waar Nasionale Vrouemaand behoorlik gevier is met 'n program vol inspirasie in die Markteater waar vroue kon luister na verskeie sprekers.
Nasionaal bekende gospelsangers soos Larnelle Horne, Colin Mitchells en Nicole Jarvis het opgetree en die musiekvermaak het ook uitstaande plaaslike kunstenaars soos Wilhelm Williams (Wimpee), Megan Vryburg en Jonel Crispy (dans) ingesluit.
Die gassprekers was Welda Biegnaar, Debbie Pijoos, Nicole Jarvis (ook gasheer vir die geleentheid) en Melisca Jonas (ook gasvrou).
Die program is geborg deur AHI Wes-Kaap met dr. Willie Cilliers as hoofborg, en Full House het die verhoog se inkleding geborg in samewerking met plaaslike winkels wat bygedra het.
Rhyno Davidson, Ryco TV se uitvoerende hoof, het gesê Women on the Couch het ten doel om vroue te bemagtig.
"Ons wil hulle aanmoedig, vir hulle hoop bring en oplossings vir hul sosiale uitdagings probeer vind. Ons wou 'n opbouende ervaring aan vroue bied wat soveel uitdagings in die alledaagse lewe ervaar. Dit was terselfdertyd ook 'n geleentheid om 'n bietjie te ontspan."
Margret Jacobs, Charmaine Roman en June Philippus geniet die geleentheid.
Gaste het die inspirerende dag geniet.
Jonel Crispy vertel 'n storie met haar dans. Foto's: Pretorius Photography‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’