SUID-KAAP NUUS - Daar bestaan nie iets soos ‘n gesonde manier van sonbruin word nie. Volgens KANSA is die sonbruinvel wat baie mense so najaag, nie ‘n teken van gesondheid nie, maar wel van skade aan jou vel.
Velkanker is een van die algemeenste kankers in Suid-Afrika. Met Suid-Afrika se heerlike sonskyn en mooi strande, dink mense dikwels nie aan die skade wat die son aan liggame kan aanrig nie.
KANSA gee die volgende belangrike riglyne om sonskade te voorkom:
• Dra gereeld ‘n goeie sonskerm met ‘n faktor SPF 30 of hoër. Kyk uit vir 'n KANSA-embleem op die sonskerm.
• Beperk jou tyd in die son tussen 10:00 en 15:00 wanneer die son op sy felste is.
• Dra ‘n breërandhoed en T-hemp van diggeweefde materiaal.
• Beskerm jou oë teen sonlig met 'n goeie sonbril.
• Beskerm jou kinders teen die son, en smeer hul gereeld met sonskerm.
• Vermy sonbeddens, dis skadelik vir die vel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'