Die George-munisipaliteit se vullis stortingsterrein is gesluit en alle huishoudelike afval word tans per vragmotor, teen groot onkoste, na Mosselbaai se PetroSA se industriële terrein vervoer. Dit maak dus uit alle oogpunte sin om deel te neem aan die herwinning van huishoudelike afval.
Die herwinningsprojek is meerdoelig. Dit bring ‘n groot besparing mee as daar minder afval is om al die pad na Mosselbaai te vervoer en tweedens dra dit by tot die bewaring van ons kosbare omgewing. Daar is net nie meer plek om nuwe stortings-terreine te bou nie.
Belastingbetalers ontvang ‘n blou sak vir die versameling van alle herwinbare materiale. Die gevulde sak kan saam met die gebruiklike swart sak met rommel op die sypaadjie uitgeplaas word, teen 07:00 op huiseienaars se vullisverwyderingsdag.
Southern Cape Recycling sal die blou sakke kollekteer. ‘n Nuwe sak sal voorsien word vir elke vol sak wat weggeneem word.
Die volgende items is geskik vir herwinning:
- Papier
- Fotostaat,- laserdruk- en rekenaarpapier. Alle skryfpapier, briefhoofde en koeverte, ongeag van kleur. Koerante en tydskrifte asook boeke en pamflette.
- Karton
- Alle kartonhouers en verpakkingsmateriaal en kartonreklameborde.
- Plastiek
- Skoon verpakkingsplastiek; skoon plastiese-inkopiesakkies; plastiese koeldrank- en melkbottels, asook plastiese kratte
- Blikke
- Alle koeldrank, bier- en inmaakblikkies
- Glas
- Slegs glasbottels en glasflesse
- Spoel asseblief alle houers uit.
- Enige nat materiaal, babadoeke, deur-slag-, chemies behandelde-, faks- of hittesensitiewe papier.
- Roomys-, lekkergoed-, "chips"- en koekie-omhulsels of -pakkies.
- Gebruikte papierhanddoeke en ser-vette.
- Plastiesbedekte papier, waspapier, melkkartonne, tinfoelie, kleefplastiek (cling wrap), sellofaan, polistireen kosbakkies.
- Vensterglas, gloeilampe of neonbuise, porselein of hittebestande glasbakke.
Indien u bewus is van herwinningsakke wat deur munisipale voertuie opgetel word, moet u dit asseblief rapporteer aan die munisipaliteit op 044 802 2900.