GEORGE NUUS - As deel van 'n gemeenskaps-projek deur die ATKV Zoar vir senior burgers in dié klein dorpie word heerlike makataan, perskes en groenvye ingelê en aan besoekers verkoop.
Dit bring 'n welkome klein inkomste aan die seniors.
Jonathan Jantjies, saam met Magdaleen Christians die dryfveer agter die projek, nooi Georgiete om af te draai van die hoofpad en in te loer wanneer hulle die omgewing besoek.
Soek net vir die klein winkeltjie te Katjiepieringweg 8, Braklaagte, Zoar.
Die senior burgers van Zoar se handewerk.
Jonathan Jantjies en Magdaleen Christians is die groot dryfvere agter die gemeenskapsprojek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'