GEORGE NUUS - Laerskool Outeniqua hou 'n reuseverkoping van vandag, Maandag 10 September tot Woensdag 12 September by die skool, daagliks van 13:00 tot 18:00.
Dit is 'n eerste-in-sy-soort verkoping.
Daar is 'n groot verskeidenheid artikels te koop, waaronder houtwerktoerusting, naaldwerktoerusting, materiaal, gordyne en blindings, oorhoofse projektors, skyfieprojektors vir die versamelaar, 'n platespeler (nou weer nuut in die mode), rekenaartoerusting, note-telmasjien en kasregister, meubels, boeke, sekuriteitskameras, kombuisartikels, speelgoed en nog meer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'