RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het onlangs die Downsindroom-vereniging se fietsry-vir-fondse-span onthaal. Die span is vanjaar besig met hulle 20ste fietstoer en Oakdale is een van hul gunstelingbesoekpunte.
"Ek kan met alle eerlikheid sê dat ons wegspring by Oakdale beslis vir ons 'n hoogtepunt is," sê Tineke Ganz-Malan, bestuurder van die Downsindroom-vereniging.
"Die skool is so pragtig en die ontvangs altyd vriendelik en daai wonderlike kinders - mens kan hulle respek vir mekaar en ander sien en beleef."
Die Oakdale-orkes het 'n spesiale optrede gereël en gesorg dat die "sing" weer terug in die fietsryers se speke kom! Die Oakdalers het vanjaar R3 000 tot die fonds bygedra.
Die fietsry-vir-fondse span (in oranje) saam met Oakdalers wat hulle 'n gul ontvangs gegee het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'